Stoplyn
Waar: Op enige pad.
Doel: Om aan te dui waar jy jou voertuig tot stilstand moet bring.
Optrede: Hou stil met die voorkant van jou voertuig agter die stopteken. Indien daar geen stopteken is nie, het die stoplyn dieselfde betekenis as ’n stopteken.
Toegeelyn
Waar: Op enige pad, veral by kruisings.
Doel: Om aan te dui dat jy voorrang moet gee aan almal wat voor jou by hierdie punt oorsteek.
Optrede: Gee pad aan enigiemand wat jou pad kruis of wil kruis. Selfs al is daar geen toegeeteken nie, moet jy steeds pad gee.
Voetgangeroorganglyne en blok-voetgangeroorgang
Waar: Op enige pad, veral in stedelike gebiede by kruisings en naby skole.
Doel: Om jou in te lig dat voorrang gegee moet word aan voetgangers wat by hierdie plekke oorsteek of wil oorsteek.
Optrede: Kyk uit vir enige voetgangers wat oorsteek of wil oorsteek en gee hulle voorrang deur stadiger te ry of stil te hou.
Geen verbysteek
Waar: Op enige pad wat tweerigtingverkeer dra (verkeer uit teenoorgestelde rigtings).
Doel: Om in te lig dat dit verbode is om met enige deel van jou voertuig aan die regterkant van hierdie lyn te ry.
Optrede: Moenie oor die lyn gaan nie, behalwe om direkte toegang tot ’n ingang aan die ander kant van die lyn te kry, om direkte toegang vanaf so ’n ingang tot die pad te kry, of om by ’n stilstaande hindernis verby te gaan. In al hierdie gevalle moet jy seker maak dat dit veilig is om dit te doen.
Pass